Boek 3 – Die Tuin

VOORWOORD

Hierdie boek is ‘n geen nonsens, geen duimsuiery, op die man af, soliede Bybel-gegrondveste lering, wat net een doel voor oë het. Dit is om u in staat te stel om Jesus Christus, die GROOT TUINIER, self in u eie denkbeeldige tuin te ontvang. Om Hom van nader te leer ken en ‘n beter verhouding met Hom op te bou. Hierin gaan ons leer hoe om die tuin binne te gaan en om die dinge wat ons begeer, te kry. Ons gaan in hierdie tuin leer om die antwoorde te vind op al ons lewensvrae. Verder gaan ons in die tuin leer hoe om te bid, om te visualiseer, om geestelike instruksies te ontvang, om bemiddeling van Jesus self te ontvang en om inspirasie te kry.

Al die skilderye wat in hierdie boek gebruik word is die oorspronklike werk van die kunstenaar, Ron van Zyl en is die resultaat van meer as vyftig jaar se soeke, na die tuin wat hy reeds as kind gevisualiseer het. Hierdie kunswerke is nie te koop nie en kan slegs by DIE SKOEN,  hul huis, besigtig word, waar u op ‘n begeleide toer deur die GROT,  wat spesiaal vir hierdie doel gebou is, geneem sal word.

Daar is ook ‘n DVD-seminaar oor hierdie onderwerp beskikbaar.

Na bestudering van hierdie boek sal u saam met die outeur kan uitroep en sê dat ons nie net gelowig is nie, maar dat ons in ‘n noue verbintenis met die Here ons God lewe!

INLEIDING TOT DIE TUIN

Hersienend tot die vorige twee boeke, weet ons nou dat die koninkryk van lig, bo is.  Dit is die verblindende lig, die oggendson, vreugde en blydskap!

Onder, of benede, is die donkerte, die bose, hartseer en onkunde.

Ons het gesien dat Jesus ons red en verhef tot ‘n hoër lewe in Christus, wat beteken dat die Kruis die poort is tot ‘n hemelse leefwyse. Daar sit ons saam met Christus in hemelse plekke, soos uitgebeeld word in die eerste skildery in DIE LYN. Die enigste wyse, wat enigeen wat hierdie hemelse leefwyse begeer, dit is die lewe in God, is om die hoogte bokant die lyn te bereik. Die enigste manier om dit te kan doen, is om die BERG uit te klim.

Die berg vorm dus die verbinding tussen die hemel en die aarde.  Dit is die berg van God. Dit is die berg Sion van Hebreërs 12:22 , waar ons inwoners  van die hemel is. Laat U wil geskied op die aarde soos in die hemel (Illustrasie 1).    

Wanneer ons nou ‘n skets van die menslike skedel oor die lynskildery lê, plaas dit die koninkryk van God, presies daarbinne. (Illustrasies 1 en 3)

Die kruis is nou ons sentrale punt en dit is waar Dawid vir Goliat gedood het, en ons sentrale brein is die hippothalamus. (illustrasie 4). As ons nou op hierdie punt ‘n vierkant teken, (illustrasie 4), kom die afmetings presies ooreen met dié van die hemelse stad  Jerusalem in Hebreërs 12:22.

Ef 3:17:     “…sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.”

Ef 3:18:   “…en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is.”                 

Ef 3:20:  “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,…”                                                                                                          

Ons het ‘n Christus-denkwyse nodig en daarom word ons gedagtes en denkwyse só verander tydens die ervaring wat ons beleef as ons, ons berg uitklim.

Om die berg suksesvol uit te kan klim, moet die volgende instruksies sorgvuldig nagekom word:

1 Pet 5:6:  “Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.”

1 Pet 5:7:  “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.” (Al jou angste, bekommernisse, belange, eens en vir altyd).

 Ps 55:22:  (55:23) “Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.”

U sien, God lewe in diegene wat oor ‘n nederige en boetvaardige gees beskik. Hy lewe saam met hulle in  hoë en verhewe plekke (Jes 57:15).

Ons moet toelaat dat Christus die kaptein van ons gedagtes word. Ons moet toelaat dat Christus die kaptein van ons gedagtes word. Ons moenie eers so min as vyf minute vooruit probeer dink, sonder om Hom daarin te ken nie.

Sedert ek as kind hierdie verhewe plek gesien het, het ek bly soek. Verkeerdelik het ek gemeen dat ek ‘n kortpad vir my gesin en geliefdes kan vind. Ja, my vrou en kinders is geestelik saam met my en hulle is geestelik waar ek is, maar hulle moet die berg nog uitklim. Om te sterf in jouself is baie moeilik en dit neem ‘n bergklim-proses om jou geloof in God volkome te maak. Dit is, dat jy glo met jou hele hart en siel en nie dalk ‘n Ismael maak nie. Abraham en Sara het God probeer help om Sy belofte na te kom, maar hulle kon, net soos ons, nie op God se tydsberekening wag nie. Die bergklim-proses is moeilik, maar ‘n werklikheid en ons moet mekaar liefhê terwyl ons daarmee besig is.

Die sewe Genesis-sketse (uit die Kort Swaard), bewys dat ons op hierdie planeet geplaas is om geestelik te groei. Hoekom is dit dan so moeilik om ons lewes oor te gee aan God se volkome beheer?

Omdat ons donker en diep is!                                                                                                      

Ons het ons eie gedagtes (mind), ons eie wil, intellek en emosies (Illustrasie 5).  Om te sê, nie langer my wil nie, maar God se wil, is nie maklik nie. Ons het uitgevind dat ons oor baie emosies en gewaar-wordinge beskik en ons intellek wil aanmekaar beheer oor ons gedagtes neem. Hierdie probleem spruit dalk uit ons verlede. Waar kom hierdie emosies en her-inneringe  van die verlede vandaan?   Dit kom uit ons binneste!        

                                          

Onthou u nog Genesis?  Ons is ‘n diep, baie diep, bruisende massa. Ons emosies is voortdurend rusteloos.

Gen 1:2:  “En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.”

Gen 1:2:  “And the earth was without form, and void; and darkness was upon the face of the deep. And the Spirit of God moved upon the face of the waters.”

Ons is in die donkerte gewees! In die Engelse teks sê die Bybel dat God beweeg het op die gesig (face) van die waters. ‘Face’ meen die gedeelte wat beweeg. Die Gees van God het beweeg, gesweef, oor die gesig van die dieptes. Want ons is gevul met ‘n see van emosies wat aanmekaar probeer om beheer oor ons gedagtes te neem.

Kom ons herinner onsself kortliks aan die Genesis-sketse:    

 

Ons dra in ons rond, ‘n see van donker emosies wat ons gedagtes probeer oorheers. Dit is waar die klein sonnetjie in illustrasie 7 skyn. Die Genesis-sketse wys ons geestelike groei uit die donkerte (A), deur na die eerste ontdekking van lig (B), dan die begrip van God se Woord (C) . Ons gaan deur  geestelike droë plekke (D), om te groei in die kennis van wat binne ons is (E) en dan word ons tuinbewoners (F), wat steeds die keuse het of ons op God, volkome, met hart en siel vertrou, en sodoende ‘n ewige sewende dag van rus ervaar (G), en of ons steeds op ons eie intellek en begrip van dinge gaan bly steun.

Die see van emosies, binne ons gaan eventueel eindig as die dooie see. Die onderwerp word verder bespreek in die boek: “‘n Kamer met ‘n Uitsig”.

In die Kort Swaard het ons uitgevind dat Adam met presies dieselfde probleem geworstel het. Solank hy bereid was om van die boom van die Lewe te eet, (skrynwerker, Jesus, Illustrasie 8), sou hy ‘n skoon en veilige gewete (mind) hê. Deur gemeenskap met God te hê, word ‘n veilige tuin geskep. Die woord ‘tuin’ beteken ‘omhein’.

Adam mag die tuin-gewete behou deur slegs met sy Here God gemeenskap te hê en op Hom te vertrou. Dit kon hy nie doen nie, verloor sodoende sy tuin en staan dit af aan die slang wat later so groot word deur die verbeelding van die mens, dat hy die monster, die draak van die see word. (Illustrasie 9)                       

 Watter see? Die see van emosies wat regeer oor die gedagtes en denke van die mense van Israel. (Illustrasie 10).  Aan die linkerkant van illustrasie 10, sien ons die draak is op die see en aan die regterkant word ‘n Egiptenaar uitgebeeld.

Geestelik is ons Israel.  Ons is slawe van ons emosies net soos die Israeliete slawe van Farao was. Dit is vir ons nodig om die Bloed en die Paaslam te verstaan sodat die see rooi kan word, kan skei, sodat ons in die Beloofde Land kan lewe.

Ons is die nakomelinge van Abraham wat ‘n ster-volk bedink het, deur in God te glo en op Hom te vertrou,  die sterre  getel het (Illustrasie 11), om geloof in sy verbeelding te skep, waar die krag van God gesetel is om te voorsien in al die begeertes van ons harte (minds).

Later het die Wet deur Moses gekom en die gedagtes van die mens is nou gevul met die Wet, in plaas van die slang (Illustrasie 12).

Bestel die boek om meer te lees.

 

Terug na vorige bladsy

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *