Boek 9 – Die Verruiming van die Hart

VOORWOORD

Alhoewel sommige van u reeds die vorige agt boeke in hierdie reeks van Die Lyn, wat blyk die gewete te wees, gelees het, verg dit steeds geweldig baie meditasie van die nuut-gevonde kennis, om die paradigmatiese verandering wat ons benodig om ‘n suksesvolle lewe in Christus te kan lewe, te weeg te bring.

Die doel van hierdie boek is dan ook om te help om so ‘n paradigmatiese verandering te weeg te bring, ‘n totale verandering van die ‘ou’ denke na die nuwe om ‘n Christus-gedagtewêreld te kan besit.

Hierdie boek sal die leser, indien hy bereid is om deur die Gees gelei te word, deur die nodige veranderinge neem en in diegene wat bereid is om dit te doen, sal daar groot verruiming van gees plaasvind wat aan die einde van hierdie boek die geloof wat ons so dringend benodig om God tevrede te stel, sal bring.

Heb 11:6:  “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.”

Om geloof te verstaan is ‘n moeilike en een van die grootste struikelblokke, maar ten spyte daarvan, is daar ‘n katalisator wat tot die geloof gevoeg moet word, en dit is die liefde.

1Kor 13:2:  “En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.”

1 Kor 13:13:  “En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.”

Om in staat te wees om in die geloof te lewe, moet die hart geheilig word. Dit is die eerste struikelblok. Hierdie heiligmakingsproses vind plaas deur beproewing en tribulasie wat ons ter wille van die gewete, met geduld moet oorkom, sodat God met ons tevrede sal wees (1 Pet 2:18). Na dit, sal geloof begin groei wanneer ons die Woord lees. In die plek waar duisternis in die verlede die troon van die gedagtewêreld beset het, kom meer lig en ons vertroue in God groei meer en meer.

 Hierdie boek is vir die toegewyde Bybelstudent wat die Woord samehangend wil bestudeer, sodat vertroue die aarde kan kom bewandel soos Jesus dit gedoen het.

                                                                                                                                                       RON

Hoofstuk 1

PARADIGMA

Die woord ‘paradigma’ kom van die Griekse para+deiknunai. Dit was oorspronklik ‘n wetenskaplike term, maar word vandag in die algemeen gebruik as ‘n sinoniem vir woorde soos ‘model’, ‘teorie’, ‘persepsie’, ‘veronderstelling’, of ‘verwysingsraamwerk’. In die meer algemene sin is dit die wyse van hoe ons die wêreld ‘sien’. Nie in die visuele sin van sig nie, maar eerder hoe ons die wêreld ervaar en vertolk.

Omdat ons geskape is as die ‘ou’-kreasie en omdat ons moet groei tot die ‘nuwe’-kreasie, is dit essensieel dat ons verwysingsraamwerk van die verlede lewe in Christus, hernu moet word.

Met uitsondering van die Tien Gebooie wat in ons harte geёts is by ons aardse geboorte, het ons eintlik geen ander verwysingsraamwerk nie. Alles wat ons vandag is, is as gevolg van die wyse waarop ons geleer is. Sommige van hierdie lesse gaan voort sonder die hulp van buite. Toe jy jou hand die eerste keer gebrand het, is daardie kennis outomaties gestoor in jou bank van kennis van die dinge wat jy nie moet doen nie. Dit is vir selfbehoud. Om egter voorbereid te wees vir die beproewinge van die lewe, is ‘n ander storie. Die opdragte en lesse wat ons van ons leerders ontvang, vorm die raamwerk van ons verwysings. Dit mag dalk korrek of nie korrek wees nie, want dit mag dalk verkeerd aan ons oorgedra gewees het ten spyte van hoe opreg dit bedoel was.

Die fundamentele reёls vir sukses behels dinge soos integriteit, nederigheid, eerlikheid, soberheid, moed, opregtheid, geduld, ywer, eenvoud en beskeidenheid.  In ons heden daagse materialistiese samelewing word hierdie dinge verwerp, in ruil vir die barre woestynland van die eie-ek. Selfverloëning bestaan nie in hul woordeskat nie, tensy dit kan dien om die self op te hef.

Om as ‘n Christen deur die lewe te stap, behoort dit te wees soos 1 Petrus dit (in my eie woorde) beskryf. Wanneer jy ‘n slaaf is en onregverdig behandel word, maar jy verdra hierdie ongeregtigheid met geduld vir die gewete se onthalwe, sal God met jou tevrede wees.

J F B:  “Geduld – ‘Lydsaamheid’. Die woord van My lydsaamheid is my Evangelie wat  getuig van die geduldige lydsaamheid in afwagting op My koms (Openb 1:9). My lydsaamheid is die lydsaamheid wat ek verwag en wat ek uitoefen. Christus self ly nou, geduldig wagtend, tot dat die aanmatiger uitgewerp word en al ‘Sy vyande Sy voetstoel gemaak sal word’. En so ook Sy kerk, in geduldige, lydsame afwagting om te deel in die vreugde van die koms van Sy Koninkryk. Dientengevolge, sien ons dan in Openbaring 3:11 die volgende, ‘Kyk, Ek kom gou’.”

Wanneer ons die Woord lees en deur die Heilige gees gelei word om dit te verstaan, sal al hierdie vooraf gevormde paradigmas verander, mits ons bereid is om geduldig te wees. Hierdie keer vorm dit egter ‘n stewige fondasie vanwaar ons voort kan beweeg in al die areas van ons lewens met ‘n groot God-gegewe outoriteit. Die krag van die getransformeerde gedagtes is in Sy beheer met dien verstande dat ons sal leer om die eie wil af te sterf en Sy wil te aanvaar. Ons het ten doel om Sy Koninkryk, Sy krag en Sy heerlikheid te word.

Rom 12:2: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Hierdie hernuwing van die gedagtes is ‘n voortdurende proses wanneer ons bereid is om toe te laat dat daar met ons gedagtes gewerk word. In die geval van ‘n Christen is dit ‘n strewe om Christen-gedagtes te hê. Al hierdie inligting is herhaaldelik in die vorige boeke bespreek. Die doel van hierdie boek is om die nuut-gevonde kennis vas te messel in die kennis van die rots van die eeue deur middel van ‘n paradigmatiese omwenteling van denke om die ou wyse van denke wat spruit uit die ou kreasie finaal te vernietig.

Ps 51:10:  “Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.” (Vaste gees – letterlik konstant, ferm, wat nie sal toegee aan versoekings nie).

Ps 66:18: “As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.”

Ps 69:32:  “As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!”

Ps 112:7:  “Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE.”

Kan ons met eerlikheid sê dat ons die stadium bereik het waar ons nie meer bang is vir bose tydings nie?

Ps 119:10:  “Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.”

Die Tien Gebooie is in Exodus 20 geskryf. Ons ontvang die kennis van die gebooie, geskryf in ons harte baie op dieselfde wyse as waarop Moses die oorspronklike wette op klip geskryf, ontvang het. Deur onderdanig en gehoorsaam aan hierdie oorspronklike wette te wees, het die hart sterk en ondeurdringbaar, soos ‘n fort op ‘n rots gemaak. Moses word beskryf as ‘n opgevoede, nederige mens, wat die gebooie gebreek het toe hy sien hoe sy mense ‘n afgod aanbid. Deur hierdie daad sien ons dat Moses selfbeheersing verloor het en die afgod van die eie-ek op sy eie troon geplaas het. Hy het dit persoonlik opgeneem. Toe hy teruggaan na God om ‘n ander stel wette te kry, moes hy egter hoor dat, omdat hy die eerste stel wette in ‘n woedebui gebreek het, hy die tweede stel self met die hand moes kerf. Natuurlik ‘n tydrowende proses. Op dieselfde wyse moet dié wette weer in ons harte ingekerf word wanneer ons na die Koninkryk van God soek. Ons ken die wette maar verbreek dit van tyd tot tyd en dan moet ons die Tien Gebooie en die feit dat dit Heilig is en deur ‘n Heilige God aan ons geskenk is, van vooraf herontdek. Ons ken die wette, maar hierdie boek sal ons neem na die identifisering van die wyses waarop ons hierdie geestelike Tien Gebooie verbreek.

Lees verder deur die boek te bestel.

Terug na boek lys

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *